SportSport

Volkie ruiters gallop na goud by SA Kampioenskappe

Caelee Johnstone verower ook die trofee in die hoërskool-afdeling vir die beste ruiter en ook die trofee vir die beste algehele perd en ruiter kombinasie tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Twee Volkie-perderuiters, Caelee Johnstone en Angelina Jolie Pretorius het die naweek van 11 en 12 Augustus 2023 aan die SANESA Saddle Seat SA Kampioenskappe vir skole deelgeneem by die Afridome in Parys.

Die ruiters neem deur die jaar deel aan kwalifiseerende skoue. Na al 8 Kwalifiserende rondtes word die Provinsiale spanne bepaal waar Caelee Johnstone en Jolie Pretorius in die Noordwes Saddle seat span opgeneem is.

Caelee is ook verkies as die Noordwesspan se kaptein vanjaar.  Sy en Jolie het die afgelope naweek deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe teen provinsies van reg oor die land en het uitstekend gevaar.

Angelina Pretorius op Uneske van Aveleda.

Caelee Johnstone behaal die volgende Plasings met haar perd Doorndraai Black Hector:

SA Kampioen in vlak 7 – 3 Gang Ryperd-klas

SA Kampioen in vlak 7 – 3 Gang Ruiterkuns-klas

SA Kampioen in vlak 5 –  Show Hack

SA Kampioen in vlak 5 – Western Pleasure

Caelee verower ook die trofee in die hoërskool-afdeling vir die beste ruiter en ook die trofee vir die beste algehele perd en ruiter kombinasie tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Caelee Johnstone op haar perd Doringdraai Black Hector. Saam met haar is André van Zyl, Armand Orton en Dale van Rensburg. Foto: Verskaf.

Angelina Pretorius behaal die volgende plasings met Uneske van Aveleda

Reserwe SA Kampioen in vlak 5 – 3 Gang Ryperd Klas

Reserwe SA Kampioen in vlak 5 – 3 Gang Ruiterkuns Klas

3de Plek in vlak 5 Show Hack Klas

Die ruiters het ook ʼn groot rol gespeel dat Hoër Volkskool bo aan die punteleer geëindig het by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en as die Hoërskool met die meeste punte gekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button