Local newsNewsNews

Antiekmark terug in Potch

Die Antiekmark vind op Saterdag, 9 September vanaf 08:00-15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaas. Dit sal as ‘n jaarlikse mark aangebied word.

Die Antiekmark is terug in Potchefstroom hierdie komende September en is beslis iets wat nie misgeloop kan word nie.

Die Antiekmark vind op Saterdag, 9 September vanaf 08:00-15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat plaas. Dit sal as ‘n jaarlikse mark aangebied word.

Daar sal natuurlik antiekware van heinde en verre te koop wees, sowel as smullekker kos om honger mage te vul.

Kiki’s Vintage Photo studio gaan “dress up en vintage” foto’s neem. Die Pottery Café gaan ook oop wees tydens die Antiekmark.

Toegang is ook gratis.

  • Belangstellendes wat nog ‘n stalletjie wil bespreek, kan gerus vir Tania op 0799182092 kontak vir enige navrae.

Die Antiekmark se Facebookblad kan ook hier besoek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button