NewsNews

Help Lihann oor die wenstreep

Lihann Kemp, ‘n opkomende landloopster van Laerskool Baillie Park het Potchefstromers se hulp nodig. Hy het ‘n algeheel 10de plek in die 2022 SA Landlooptoernooi behaal en droom daarvan om weer vanjaar deel te neem.

Lihann Kemp, ‘n opkomende landloopster van Laerskool Baillie Park het Potchefstromers se hulp nodig. Hy het ‘n algeheel 10de plek in die 2022 SA Landlooptoernooi behaal en droom daarvan om weer vanjaar deel te neem.
Lihann is tans in gr. 4 en hou van pizza, Fast & Furious, sport, en die kleur groen. Landloop is egter Lihann se passie, en hy hoop dat Potchefstromers hom sal help. Hy het ‘n plan opgestel wat hy “Stappe vir Sukses” noem wat gevolg kan word om sy droom waar te maak. Stap een is om pre-borge te kry. Pre-borge werk so: stuur jou naam en die bedrag wat jy wil borg per boodskap aan Stefani Kemp, Lihann se ma. Indien Lihann deel word van
die Noordwes-span, sal die borge in kontant betaalbaar wees. Stap twee vind plaas op 2 September wanneer Lihann aan die Noordwes landloopliga deelneem en hopelik span kry! Stap drie vind plaas wanneer die pre-borg in kontant aan Stefani betaal word. Stap vier? Lihann gaan Port Elizabeth toe om aan die SA Landloopkampioenskappe deel te neem en sy droom te bewaarheid. Indien jy graag vir Lihann wil help, stuur vir Stefani ‘n boodskap na 079 693 6397.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button