Local newsNewsNews

Plumpie vir polisielede wat die ekstra myl loop

Drie bedrewe polisielede het die afgelope Sondag, 3 September getroue diens aan ‘n Potchefstromer en sy gesin bewys toe sy motorvoertuig op Chief Albert Luthuli-weg onklaar geraak het.

Drie bedrewe polisielede het die afgelope Sondag, 3 September getroue diens aan ‘n Potchefstromer en sy gesin bewys toe sy voertuig op Chief Albert Luthuli-weg onklaar geraak het.

Johan Steenkamp, sy vrou, Frances en dogter, Frances Meiring het hul ewige dank aan die polisielede uitgespreek wat tyd gemaak het om hulle in ‘n moeilike situasie te help.

Die polisielede van Potch hoofwegpatrollie, Adjudant-offisier, Anton du Plessis, Sersant Annalize Smith en Sersant Fikile Chilane, het nie net seker gemaak dat die kar uit die verkeer geneem word nie, maar ook gehelp dat Steenkamp-hul die regte part in die hande kry.

“Hulle het regtig nie omgegee om hulle hande vuil te maak nie. Na ‘n lang gesukkel was die kar uit die verkeer. Hulle het ook eers seker gemaak dat ons ‘n plek oop kan kry waar ons die part kon koop en seker gemaak dat ons heeltemal gaan reg kom op ons eie voordat hulle weer met hulle verskriklike besige dag aangegaan het,” vertel Steenkamp se dogter, Frances.

Frances het ‘n foto van die drie polisielede en haar pa geneem en noem dat hulle ‘n baie groot dankie verdien.

“Hulle was die heeltyd vriendelik. Nie een van hulle het ongeduldig geraak, of haastig gelyk nie.”

NW polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh noem dat polisiebestuur trots is op elke polisiebeampte wat hard werk om die veiligheid en sekuriteit van die gemeeskap te verseker.

“Die optrede deur die lede om ‘n man met voertuigprobleme by te staan, word verwelkom en die lede word bedank vir hulle toewyding.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button