Local newsNewsNews

Gedeelte van Promosapad gesluit na ongeluk

Die bestuurder van die voertuig het geringe beserings opgedoen.

‘n Motorongeluk het vanmiddag op die Promosa-pad net verby die afdraai na Soolimanstraat (Mohadin) plaasgevind.

Noodhulpdienste was teen 17:48 op die toneel waar hulle die voertuig in die veld gekry het.

Die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor. Foto: Verskaf.

Die bestuurder van die voertuig het geringe beserings opgedoen. Provinsiale noodhuldienste het die bestuurder na Potchefstroom Hospitaal vervoer.

Owerhede is tans op die toneel en die pad is vir eers gesluit sodat die voertuig verkry kan word.

Noodienste en polisie op die ongelukstoneel op die Promosapad naby Poortjiedam. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button