Local newsNewsNews

GK Bult G5-studentegroep en Gideons versprei die Evangelie

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult se G5-studente groep het saam met die Gideons Bybels op die Bult versrpei.

Gereformeerde Kerk Potchefstroom Die Bult se G5-studente groep het saam met die Gideons Bybels op die Bult versrpei.

Die studente en Gideons het altesaam 71 Bybels uitgedeel, en hoop om ten minste 71 harte te bereik.

Die Gideons Internasionaal is ‘n diverse vereniging wat baie Protestantse denominasies verteenwoordig. “Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies.” (Matteus 28:19) is die Gideons se leuse.

Kerke, instansies, besighede en individue kan registreer as ‘n “vriend van die Gideons” en help om die Nuwe Testament te versprei.

Skakel 012 460 7241 om Gideons Internasionaal se Suid-Afrikaanse kantore te bereik. Na registrasie kan vriende van die Gideons die Nuwe Testament in die taal(e) van hul keuse bestel teen R 25 per Nuwe Testament. Die Bybels sal op jou voorstoep afgelewer word.

Enige kerk, instansie, besigheid, selgroep of individu kan vry gratis registreer en deelneem aan verspreiding. Indien jy in die Potchefstroom omgewing bly en belangstel daarin om te help met verspreidingsaksies, stuur ‘n boodskap na 083 489 5365 met jou naam, van, en Gideons-Bybelverspreiding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button