Local newsNewsNews

Kameras betrap verdagte wat hekmotorbattery steel

Hierdie is een van ‘n reeks voorvalle waar hekmotors se batterye in die afgelope vier weke gesteel is.

‘n Verdagte is Maandagmiddag, 6 November danksy kringtelevisie-beeldmateriaal vasgevang toe hy ‘n hekmotor se battery in Grimbeekpark wou steel.

Hierdie is een van ‘n reeks voorvalle waar hekmotors se batterye in die afgelope vier weke gesteel is.

Mooirivier Beskerming se operateurs het die voorval vasgevang wat wys hoe maklik en vinnig hierdie tipe misdade plaasvind.

Wanneer die hekmotor se battery gesteel word kan die hek dan nie met ‘n afstandbeheer oopgemaak word nie. Die hek sal slegs met die hand oop en toegemaak kan word.

Mooirivier Beskerming het op ‘n Facebook-plasing ‘n beroep op die gemeenskap gebring om hul hekmotors te beveilig, veral waar die motor buite die hek bereikbaar is.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, was daar ongeveer ses gerapporteerde gevalle in Oktober waarvan hy bewus is. Hy noem ook dat die voorvalle nie op een plek gekonsentreer is nie.

“Ons sal die beeldmateriaal van die voorval op sosiale media deel wanneer die eerste hofverskyning van die verdagte plaasgevind het,” noem Haefele.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button