Local newsNewsNews

Ferdie se spelling neem haar na tweede plek in SA

Elrise Pretorius het op Donderdag, 19 Oktober by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein haar beste gegee om tweede in haar ouderdomsgroep vanuit 28 deelnemers regoor Noordwes, Vrystaat en Gauteng, te kom.

‘n Flink graad 9-leerder van Hoërskool Ferdinand Postma het haar spelvermoë op nasionale vlak bewys toe sy ‘n algehele tweede plek by die Sentraal Spel Fiesta-kompetisie verower het.

Elrise Pretorius het op Donderdag, 19 Oktober by Hoërskool Sentraal in Bloemfontein haar beste gegee om tweede in haar ouderdomsgroep vanuit 28 deelnemers regoor Noordwes, Vrystaat en Gauteng, te kom.

Sy moes ongeveer 1000 woorde in twee weke leer en voorberei met die wete dat die beoordelaars enige woord op die dag kon vra.

Wat hierdie spelkompetisie juis uitdagend maak, is dat daar geen tweede kanse is nie. Spel ‘n woord verkeerd en jy val uit. Sodoende moet deelnemers mooi dink voordat hulle antwoord.

“Ek het eers provinsiaal deelgeneem en toe ‘n vierde plek behaal in die graad 8-9 kategorie. Dit was toe genoeg dat ek nasionaal kon deelneem. Ek het nie verwag dat ek so goed sal doen nie, so om tweede plek te kry is vir my baie lekker,” vertel Elrise.

Hierdie kranige leerder noem dat sy woorde soos “Zambesi” en “Wi-Fi” onder andere moes reg spel en dat dit onder druk voor die beoordelaars, nogal ‘n senutergende ervaring was.

“Elke deelnemer kry verskillende nommers wat hulle moes trek. Dit beteken dat enige deelnemer ‘n verskillende woord kry.

‘n Mens is dan net bly dat jy ‘n woord trek wat jy goed ken,” voeg sy by.

Elrise se resep vir die spelkompetisie was om soveel as moontlik te lees en woorde te hersien, dit te hoor en te prosesseer. Dit help dan ook om koel en kalm te bly.

“In die kompetisie was dit belangrik om ‘n goeie algemene kennis van Afrikaanse woorde te hê en ook fyn te kan luister.”

Elrise se tweede plek is ‘n bewys dat goeie spelling juis talle voordele bevat – sy kon nuwe mense ontmoet, ‘n geskenkpak wen en ook haarself, vriende, familie en skool trots maak.

Dit is nou T.R.O.T.S – Trots

Related Articles

 
Back to top button