Local newsNewsNews

TT Cloete-huldigingslesing kyk na die kreatiwiteit van grammatika

Die Vakgroep Afrikaans en Nederlands van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Tale het Donderdag, 16 November die 2023 TT Cloete-huldigingslesing by die Potchefstroomkampus aangebied

Die Vakgroep Afrikaans en Nederlands van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Skool vir Tale het Donderdag, 16 November die 2023 TT Cloete-huldigingslesing by die Potchefstroomkampus aangebied.

Prof. Timothy Colleman het die huldigingslesing getiteld “Grammatika en kreatiwiteit” aangebied. Prof. Colleman is ‘n medeprofessor in Nederlandse taalkunde aan die Universiteit Gent in België en bestuurslid van die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika.

Sy lesing het die kreatiwiteit van grammatika uiteengesit in beide poësie van TT Cloete, sowel as Nederlandse digters soos Martinus Nijhoff. Verder het hy ook bewys hoe grammatika kreatief in gedrukte media sowel as op sosiale media platforms uitgebeeld word.

Prof. Colleman het die gehoor aangemoedig om nie grammatika as ‘n dwangbaadjie te sien nie, maar eerder as ‘n risoom met verskillende vertakkings uit een plantstruktuur.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die TT Cloete-lesings is in 1997 ingestel om erkenning aan die werk van hierdie bekende digter te gee, maar ook ‘n platform vir openbare gesprek rondom letterkunde te vestig. Tydens Donderdag se lesing is daar ook verskeie gedigte wat deur Netanja Brink, Rineke Viljoen en Natie Klopper getoonset is, opgevoer.

Dr. Geraldine Reymenants, Diplomatieke Verteenwoordiger van Vlaandere in SuiderAfrika, mnr. Berto Bosscha, Onderwys en Wetenskapsattache: Die Ambassade van die Koninkryk van die Nederlande in Suid-Afrika, sowel as die ondervoorsitter van die Suider Afrikaanse Vereniging vir Neerlandistiek, het hulle dankbaarheid oor hierdie lesing en bymekaarkomgeleentheid uitgespreek en ook oor hul werk vertel.

Gaste het na die huldigingslesing tydens die onthaal in die Daktuin van die Joon van Rooy-gebou verder verhoudings gekweek en interessante gesprekke gevoer om die aand op ‘n feestelike noot af te sluit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button