Local newsNewsNews

Berts Bricks Atletieklub steeds opsoek na gesteelde gazebo

Een van die twee gazebos is vroeg vanjaar op 9 Januarie gevind toe een van die klublede, Ronel du Toit, toevallig op sosiale media Berts Bricks Atletiekklub se einste gazebo op 'n foto van een van haar kollegas by 'n feestydbyeenkoms in Ikageng opgemerk het.

Twee van Berts Bricks Atletiekklub se gazebos is uit hulle klubhuis op die Trim Park verlede jaar September gesteel en na amper vier maande kon hul uiteindelik een terugkry.

Die twee gazebos is op Sondag, 24 September 2023 gesteel toe boosdoeners die slot van ‘n stoor by die klubhuis afgesaag het. Een van die gazebos is steeds vermis en die klub vra die publiek om hulle te help om hierdie rooi en blou gazebo weer terug te kry.

Berts Bricks Atletiekklub bied hierdie Saterdag, 20 Januarie hulle bekende Great Brick Run vir die 40ste keer aan en dit sal klublede se harte bly maak as hul weer hul gazebo op die vooraand van hierdie wedloop kan terugkry.

Die een gazebo is vroeg vanjaar op 9 Januarie gevind toe een van die klublede, Ronel du Toit, toevallig op sosiale media Berts Bricks Atletiekklub se einste gazebo op ‘n foto van een van haar kollegas by ‘n feestydbyeenkoms in Ikageng opgemerk het.

Du Toit, wat werksaam by die polisie is, het haar kollegas in kennis gestel en hierdie gazebo is toe by ‘n restaurant in Ikageng opgespoor.

Die gazebo is nou weer veilig in Berts Bricks se klubhuis.

Enige iemand met inligting rondom die gesteelde gazebo kan die polisie by 018 299 7476 kontak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button