Local newsNewsNews

Vat vyf Baillies se nuwe tweelinge!

Al vyf tweelinge is boeties en sussies met geen identiese tweeling onder die nuwe Baillie-gesiggies nie.

In 2024 verwelkom Laerskool Baillie Park sommer vyf pare tweelinge wat hulle eerste voetspore as graad 1’s in hierdie skool gaan gee. Anri en Malan van Zyl, Chizé en Keandré van Zyl, Henko en Milané Groenewald, Lea en Migael Gildenhuys sowel as Hailey en Joshua Thompson gaan hul skoolloopbaan met hul boetie of sussie aan hul sy in.

Hier is Laerskool Bailliepark se vyf graad 1 tweelinge wat op Woensdag, 17 Januarie hul skoolloopbaan begin het. Agter van links na regs: Anri en Malan van Zyl, Chizé en Keandré van Zyl, Henko en Milané Groenewald, Lea en Migael Gildenhuys. Voor: Hailey en Joshua Thompson.

Al vyf tweelinge is boeties en sussies met geen identiese tweeling onder die nuwe Baillie-gesiggies nie.

Hailey en Joshua Thompson is ook een van Laerskool Baillie Park se onderwysers, mnr. Sidney Thompson, se kroos. Die tweelinge was blinkoog en gereed vir hul eerste skooljaar en het sommer vining hul voete gevind met die dat hul tweeling-maatjie ook naby was.

Die vyf tweelinge saam met hul trotse ouers voor hul eerste dag van skool.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button