Local newsNewsNews

Man in fabrieksongeluk dood

NW polisiewoordvoerder, Brig. Sabata Mokgwabone het die voorval bevestig en dat die polisie 'n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur het.

‘n Man (42) is gister (Maandag, 22 Januarie) in ‘n fabrieksongeluk by Chubby Chick in Potch Industria oorlede.

Dit is nog onseker presies hoe die ongeluk plaasgevind het.

NW polisiewoordvoerder, Brig. Sabata Mokgwabone het die voorval bevestig en dat die polisie ‘n geregtelike doodsondersoek van stapel gestuur het.

Die Departement van Arbeid was ook op die toneel om ondersoek in te stel.

Chubby Chick het by navraag verduidelik dat hulle nie kommentaar kan lewer totdat die ondersoek afgehandel is nie.

  • Die Herald is bewus van die identiteit van die man maar kon nog nie teen druktyd met die familie in verbinding tree nie. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button