Wêreldbeker wenner nou nuwe Luiperdsbreier
Proudfoot was deel van die afrigting span van die NWU en het matriek By Potchefstroom High School for Boys voltooi.

Die Luiperds het die dienste van Matt Proudfoot bekom nadat Eric Herbert onlangs by die unie bedank het. Proudfoot begin vandag as die Luiperds se nuwe breier. Hy is mees onlangs by Namibië as hulpafrigter ingespan.
Voor dit het hy Maties gebrei, as hulpafrigter by Engeland onder Eddie Jones diens gedoen en ook in 2019 deel uitgemaak van die Springbok afrigtingspan wat die Wêreldbeker gewen het. Potchefstroom is nie vreemd vir dié voormalige Skotland speler nie.
Hy was ook deel van die afrigting span van die NWU en het matriek By Potchefstroom High School for Boys voltooi.
Volgens Mervyn Taylor, president van die Luiperds, is die unie opgewonde oor die waarde wat iemand van Proudfoot se ervaring en kennis tot die span kan byvoeg.
“Eri het in moeilike omstandighede, goeie werk by die Luiperds gedoen. Ons bedank hom daarvoor en wens hom alle sterkte toe. Dinge het baie vinnig gebur maar ons sien uit na wat Matt na die tafel toe gaan bring,” het Taylor gesê.