Local newsNewsNews

Gimmies groet hulle hoof

"Meneer Willie het met vasberadenheid, maar ook met deernis gelei, en daarvoor wil ons regtig uit die diepte van ons harte sê: dankie.

Gimmies het verlede week hulle hoof van die laaste drie jaar gegroet.

Willie van der Merwe het Donderdag sy Gimmie gesin vaarwel geroep. Van der Merwe het die pos as skoolhoof by Hoërskool Nelspruit aanvaar. Hy was vantevore die Adjunk-hoof by Nelspruit voor hy by Gimmies aangestel is.

“Dit was ‘n ongelooflike reis, dankie aan die Gimmie gemeenskap, julle ondersteuning, toewyding en lojaliteit het my regtig op geval. Dankie dat u gehelp het om hierdie plek, ‘n baie besonderse plek vir ons leerders gemaak het. Aan die leerders, julle lê my baie na aan die hart, julle het baie potensiaal, moenie dat daar ‘n plafon op julle  geplaas word nie, gaan groot, ons het wonderlike suksesse behaal die laaste drie jaar by Gimmies, julle moet daar op voortbou,” het Van der Merwe in ‘n boodskap aan die skool gesê.

“Meneer Willie het met vasberadenheid, maar ook met deernis gelei, en daarvoor wil ons regtig uit die diepte van ons harte sê: dankie.
Wanneer só iemand vertrek, laat dit ’n merkbare leemte, maar ook ’n diep en blywende nalatenskap. Wat hy by Gimmies geplant het – in mense, in waardes, en in visie, sal nog lank voortleef,” was die hoofdogter, Jana Coetzer aan Van der Merwe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button