Die Luiperds kom komende naweek teen ie Boland kavaliers in die SA beker te staan.
Tot dusver het die Luiperds nog net een wedstryd in dié kompetisie gewen. Die Noordwesters gaan moet ‘n haas uit die hoed uit trek om die manne van Wellington te klop. Hawies Fourie se troepe is vol vertroue nadat hulle die Grens met 52 – 3 geklop het.
Die Luiperds lek nogsteeds aan hulle wonde nadat die Pumas, hulle in ‘n groot katgeveg in Potchefstroom verlede week gekwes het.
Die wedstryd tussen die Luiperds en Boland skop Saterdag, 26 April om 14:00 in Wellington af.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



