Local newsNewsNews
N12 tussen Stilfontein en Potch onder water
Die aanhoudende swaar reën wat gisteraand begin het, het vir die soveelste keer die pad onder water gelaat.
Die verkeer tussen Stilfontein en Potchefstroom op die N12 vloei stadig.
Dit is weens ‘n gedeelte van die pad voor Stilfontein wat onder water is. Die aanhoudende swaar reën wat gisteraand begin het, het vir die soveelste keer die pad onder water gelaat.
Dit blyk nie dat die pad tans gesluit is nie, maar motoriste word steeds gemaan om versigtig te wees of alternatiewe roetes te vind as hulle Stilfontein of Klerksdorp toe moet reis.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



