Sewe algemene mediese noodgevalle in die werkplek

Daniel beklemtoon dat noodhulpopleiding meer is as 'n nakomingsvereiste – dit kan die verskil tussen lewe en dood wees.

In Suid-Afrika word werknemerveiligheid beheer deur die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (BVG), wat werkgewers verantwoordelik hou vir die handhawing van ‘n veilige werksomgewing. Ingevolge die Wet word ondernemings verplig om doeltreffende protokolle te implementeer wat ‘n vinnige en georganiseerde reaksie verseker in die geval van ‘n noodgeval.

Die jongste data van die Federated Employers Mutual Assurance Company (FEM) het in 2022,  6 157 ongelukke in Suid-Afrika se konstruksiebedryf alleen aangemeld, waarvan 48 noodlottig was en 581 wat tot permanente ongeskikthede gelei het. Terwyl hierdie syfers die risiko’s van werkplekongelukke uitlig, onderskat baie besighede die mediese noodgevalle wat kan ontstaan ​​uit nie-beroepsinsidente, soos skielike hartstilstand of beroertes, wat ewe lewensgevaarlik kan wees.

Coleen Daniel, ER24 se Korporatiewe Verkoopsbestuurder in Werkplekoplossings, beklemtoon dat mediese noodgevalle enige tyd kan voorkom, en doen ‘n beroep op besighede om die nodige voorsorgmaatreëls te tref.

“Die BGW-wet vereis dat besighede gereelde opleiding en oefeninge moet doen, asook om hul noodreaksieplanne ten minste twee keer per jaar te hersien en op te dateer om te verseker dat werknemers toegerus is om noodgevalle te hanteer.”

Daniel gee ‘n uiteensetting van sewe van die mees algemene mediese noodgevalle in die werkplek, en hoe besighede daarop kan voorberei:

Gly, struikel en val

Om werknemers veilig te hou, moet besighede hoërisiko-areas en situasies identifiseer om die risiko van voorvalle te verminder. Trappe moet byvoorbeeld nie-gly stroke hê, nat vloertekens moet gebruik word, waterlekkasies moet aangespreek word en drade en kabels moet netjies gerangskik wees om te help om ongelukke te voorkom.

Brandwonde

Aangesien brandwonde dikwels bedryfspesifieke beserings is, moet werknemers wat met masjinerie of chemikalieë werk, gespesialiseerde opleiding ontvang oor die veilige gebruik van die betrokke toerusting. Werkplekke moet ook brandpakkette in voorraad hê vir onmiddellike behandeling indien ‘n besering sou voorkom.

Skuur en skaafplekke

Afhangende van die bedryf, moet toepaslike noodhulpstelle geredelik beskikbaar wees, en werknemers moet opgelei word in wondbestuur om infeksie te voorkom.

Brande en ontploffings

Besighede moet gereelde brandveiligheidsinspeksies uitvoer, brandonderdrukking en sprinkelstelsels installeer, en verseker dat werknemers opgelei is in brandveiligheidsprotokolle.

Chemiese stortings

Werkplekke wat gevaarlike stowwe hanteer, moet chemiese stortingsprotokolle implementeer, persoonlike beskermende toerusting (PPE) verskaf en behoorlike wegdoeningsopleiding – en uitvoering gee.

Strukturele swakplekke

Gereelde inspeksies van geboue, trappe en plafonne help om te verhoed dat ineenstortings en ander veiligheidsgevare in die pad kom.

Mediese noodgevalle (hartaanvalle, beroertes, aanvalle, ens.)

Noodhulpspanne moet opgelei word in KPR en basiese lewensondersteuningstegnieke, en outomatiese eksterne defibrillators (AED’s) moet in hoërisiko-omgewings beskikbaar wees.

Daniel beklemtoon dat noodhulpopleiding meer is as ‘n nakomingsvereiste – dit kan die verskil tussen lewe en dood wees.

“‘n Goed opgeleide noodhulpspan is die eerste verdediging in enige werkpleknood. Met ‘n gestruktureerde reaksieproses in plek, kan ER24 in elke fase integreer om besighede te ondersteun en die beste moontlike uitkomste te verseker.”

Noodreaksie

Die noodhulpspan by ‘n besigheid is verantwoordelik om die persoon wat mediese hulp soek, te versorg. Sodra die pasiënt geassesseer is, sal die noodhulp mediese nooddienste ontbied. ER24 verskaf lewensreddende voor-aankoms instruksies aan die noodhulpe terwyl hulle wag vir ‘n ambulans om te arriveer. Dit is ‘n kritieke stap, aangesien dit die verskil tussen lewe en dood kan beteken.

Volg ER24 hier: https://www.er24.co.za/en/infohub/all-content.html

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button