Veedief tot 10 jaar tronkstraf gevonnis
Die vonnisse sal samelopend uitdien, dus sal die beskuldigde 10 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.
Thinus Becker Theunissen (64) is op 9 aanklagte van diefstal tot 10 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis toe hy op Dinsdag, 22 April in die Klerksdorp Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn het.
Adjudant Amogelang Malwetse, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde, wat ‘n werknemer by ‘n bekende slaghuis was, het tussen November 2018 en September 2019 na bewering die beeste van verskeie boere in Klerksdorp, Potchefstroom, Hartebeesfontein en Ventersdorp gebiede na die veilingshuis geneem om dit namens die boere te verkoop en die geld vir homself gehou.
“Die boere het na bewering die slaghuis genader toe hulle besef het dat hulle geen betalings vir hul beesaankope ontvang het nie en dit is toe dat hulle opgemerk het dat die beskuldigdes die slaghuis wanvoorgestel het. Die boere het ‘n totale verlies van R3 miljoen gely.”
Die saak is by die Klerksdorp-gebaseerde Valke se ondersoek na ernstige kommersiële misdaad aangemeld wat aan die lig gebring het dat die beskuldigdes die transaksies onwettig was en opsetlik gesteel het en daarby baat gevind het.
Na ‘n reeks hofverskynings het die beskuldigde skuldig gepleit op 9 aanklagte van diefstal en op 22 April is hy gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf op 7 aanklagte en nog 10 jaar op 2 aanklagte. Die vonnisse sal samelopend uitdien, dus sal die beskuldigde 10 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.



