Local newsNewsNews

Veedief tot 10 jaar tronkstraf gevonnis

Die vonnisse sal samelopend uitdien, dus sal die beskuldigde 10 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

Thinus Becker Theunissen (64) is op 9 aanklagte van diefstal tot 10 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis toe hy op Dinsdag, 22 April in die Klerksdorp Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn het.

Adjudant Amogelang Malwetse, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde, wat ‘n werknemer by ‘n bekende slaghuis was, het tussen November 2018 en September 2019 na bewering die beeste van verskeie boere in Klerksdorp, Potchefstroom, Hartebeesfontein en Ventersdorp gebiede na die veilingshuis geneem om dit namens die boere te verkoop en die geld vir homself gehou.

“Die boere het na bewering die slaghuis genader toe hulle besef het dat hulle geen betalings vir hul beesaankope ontvang het nie en dit is toe dat hulle opgemerk het dat die beskuldigdes die slaghuis wanvoorgestel het. Die boere het ‘n totale verlies van R3 miljoen gely.”

Die saak is by die Klerksdorp-gebaseerde Valke se ondersoek na ernstige kommersiële misdaad aangemeld wat aan die lig gebring het dat die beskuldigdes die transaksies onwettig was en opsetlik gesteel het en daarby baat gevind het.

Na ‘n reeks hofverskynings het die beskuldigde skuldig gepleit op 9 aanklagte van diefstal en op 22 April is hy gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf op 7 aanklagte en nog 10 jaar op 2 aanklagte. Die vonnisse sal samelopend uitdien, dus sal die beskuldigde 10 jaar direkte gevangenisstraf uitdien.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Smith

As a passionate journalist and photographer, I strive to tell meaningful stories through both words and images. With a keen eye for detail and a love for people and their stories, I aim to capture the heart of every moment and bring local news and community stories to life.

Related Articles

Back to top button