CrimeLocal newsNewsNews

Polisie bekommerd oor aantal verkragtingsake in provinsie

Die narratief en die fokus moet tog verander vir Suid-Afrika om homself van homself te red.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Noordwes is ernstig bekommerd oor die aantal verkragtingsake wat oor die provinsie heen, meestal in informele nedersettings, plattelandse gemeenskappe se dorpe en plase aangemeld word.

Die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, generaal-majoor Asaneng, doen ‘n beroep op alle gemeenskapsleiers, maatskaplike aktiviste, geloofsgebaseerde leiers, geslags- en regtegroepe van regoor die hele burgerlike samelewingheen, om hande te vat sodat dié pandemie wat die samelewing teister aangespreek kan word.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê ten spyte van die ontwikkeling en aanvaarding van geïntegreerde maatskaplike misdaadvoorkomingstrategieë en -planne soos die strategie vir geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord, gemeenskapspolisiëringstrategie, nasionale misdaadvoorkomingstrategie en mees onlangs die geïntegreerde strategieë vir geweld en misdaadvoorkoming, word vroue, meisiekinders en bejaardes steeds die slagoffers van gewelddadige misdaad.

In somminge gevalle is dit vriende of mense wat aan slagoffers bekend is.

Generaal-majoor Asaneng het gesê: “Geen hoeveelheid hulpbronne of Polisiëringsplan sal morele verdorwenheid en maatskaplike euwels soos geslagsgebaseerde geweld, gesinsgeweld en ander maatskaplike weefselmisdade aanspreek nie. Waarom is dit aanvaarbaar vir jongmense, van wie die meeste óf nog leerders sou wees óf selfs werkloos sou wees om gereeld tavernes te besoek en drank te drink? Waarom is die land se korrektiewe sentrum oorvol met jong mans,  gevonnis vir gewelddadige kontakmisdade. Die narratief en die fokus moet tog verander vir Suid-Afrika om homself van homself te red.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button