Na vyf jaar is saak weer op die rol
Dit volg nadat die saak in 2020 van die rol verwyder is.
Twee boesem vriende wie saam in ‘n motorongeluk in 2019 oorlede is, se gesinne is ‘n stap nader aan afsluiting.
Dit nadat die saak waarin ‘n man aangekla word van strafbare manslag, weens die ongeluk, weer op die rol geplaas is. Gideon Borstlap het verlede week, weer op dié aanklagte in die Potchefstroomse landroshof verskyn.
Dit volg nadat die saak in 2020 van die hofrol verwyder is.
Kobus Huyser (28) en Neil Grobler (19) is in die ongeluk wat Donderdag, 15 Augustus in Govan Mbeki-rylaan naby die gholfbaan in Potchefstroom plaasgevind het oorlede.
Die polisie se versoek vir ooggetuies:
Netwerk24 berig dat die twee gesinne in 2022 Afriforum genader het omdat hulle glo dat daar nie vordering met die saak gemaak was nie.
Afriforum het navraag by die Nasionale Vervolgingsgesag gedoen, waarna besluit is om verdere ondersoek te doen.
“Die polisie het kundiges ingebring om die hele toneel te herkonstrueer. Die verslag is na die Direkteur van Openbare Vervolgings(DOV) gestuur waarna die DOV besluit het om Borstlap te vervolg,” het Andrew Leask, hoofondersoeker van Afriforum aan Netwerk24 gesê.
Volgens Kol. Adele Myburgh, provinsiale polisie woordvoerder, is Borstlap in hegtenis geneem en om borgtog vry gelaat.
“Die vervolgingsspan het gevoel daar is nie ‘n onafhanklike ooggetuie wat die saak suksesvol verder sou neem nie. Die saak is toe van die hofrol verwyder. Die polisie het daarna in die plaaslike media gevra dat oogetuies vorendag moet kom. ‘n Nuwe ooggetuie het vorendag gekom wat bereid was om ‘n verklaring af te lê. Die dossier is na die DOV gestuur wat besluit het om die saak weer op die rol te plaas.
Borstlap verskyn weer op 29 Mei in die hof.



