Local newsNewsNews
Gewapende roof by Riverwalk sentrum
Vier mans het 'n juwelierswinkel in die Riverwalk sentrum bestorm.

Vier mans, twee met vuurwapens in hand, het ‘n juwelierswinkel in die Riverwalk beroof.
Die voorval het Maandag omstreeks 12:30 plaasgevind. Volgens Kaptein Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die verdagtes by die winkel ingestap waarna hulle die werknemers met vuurwapens begin dreig het.
“Die verdagtes het juweliersware gebuit, waarna hulle in ‘n blou Toyota Rav 4 van die toneel gevlug het. Dié voertuig is later naby die treinstasie gevind. Nog niemand is in hegtenis geneem nie, maar die ondersoek duurvoort,” het Manyoba gesê.
Die eienaar van die winkel is glo ook beseer tydens die voorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



