SportSport

Moeilikste is nou verby vir Ferdies

Ferdies gaan die volgende paar wedstryde van die seisoen met hernude ywer aanpak

Ferdies se rugby seisoen het wankelrig begin, maar die skip behoort nou vir die Potchefstromers te draai.

Donnavan Serfontein, hoofafrigter van Ferdies se 1ste XV, se troepe het nou vier wedstryde gespeel en slegs een gewen. Die oorwinning was teen Milner, wat hulle 41 – 5 gewen het. Die ander wedstryde was alles teen aanspraakmakers op vanjaar se beker, in die vorm van Schweizer, Christiana en Koster.

Hulle het hierdie wedstryde, 27 – 17, 42 – 0 en 35 – 7 verloor. Volgens Serfontein is die moeilikste wedstryde nou verby. Ferdies het nog tyd om hulself voor te berei vir die uitspele, maar dan sal hulle teen die oorblywende spanne moet wen.

Sonder oowinnings teen Bloemhof, Stella en Sannieshof sal die Potchefstromers dit waarskynlik nie tot die uitspele maak nie. Ferdies se volgende uitdaging sal teen Sannieshof wees. Die Potchefstromers sal na Sannieshof moet reis om hulle seisoen weer op koers te kry. Die ou gesegde lui, bekers word nie in Mei gewen nie. Ferdies sal beslis aanhou veg tot die einde van die seisoen toe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button