Local newsNewsNews

Noodlottige ongeluk naby Aarbei-laan

'n 47-jarige vrou is op 12 Junie dood na 'n ongeluk in Aarbei-laan. Dit blyk nie of die ongeluk teen hoë spoed gebeur het nie.

‘n Ongeluk naby aan Aarbei-laan het onder raaiselagtige omstandighede die lewe van ‘n 47-jarige vrou geëis.

Die ongeluk het omstreeks 16:00 op 12 Junie gebeur.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het omstanders op die motor afgekom waarna hulle die vrou probeer help het. Volgens hom was die voertuig reeds vol rook maar blyk dit nie of die ongeluk teen hoë spoed gebeur het nie.

“Daar is geen tekens van lewe gesien nie, met noodpersoneel se aankoms op die toneel is die vrou dood verklaar,” het Haefele gesê.

Owerhede is steeds op die toneel vir verdere forensiese ondersoek. Die presiese oorsaak van die ongeluk of die presiese oorsaak van die vrou se dood is nog nie bekend nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button