Paws soek eienaar van beseerde hond
PAWS het 'n beseerde hond vanoggend gestabiliseer en is nou op soek na die eienaar vir verdere behandeling en sorg.
‘n Hond is vanoggend, 12 Junie na PAWS met ‘n kop besering gebring.
Volgens Ian Smit, bestuurder by PAWS, het ‘n inwoner vanoggend gedraf waarna hy die hond naby die Chris Hani-straat brug gesien het. Die hond is na PAWS geneem waar hy behandeling ontvang het.
“Die hond se skedel is darem nie gekraak nie. Aanvanklik het ons gedink dat hy raak gery is, maar dit lyk of iemand die hond geslaan het. Hy is goed versorg en daar is nog blou Terramycin wat aan die hond se ore gespuit is. So ons vermoed dit is iemand se hond,” het Smit gesê.
Volgens hom is die hond rustig maar sy oog is geswel. PAWS is op soek na die eienaar van die hond om te praat oor die hond se verdere behandeling.
Smit kan op 0661754943 gekontak word.



