Local newsNewsNews

Twee verdagtes in hegtenis ná fietsdiefstal

Die gemeenskap word aangemoedig om waaksaam te bly.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem ná ‘n voorval van diefstal wat op Saterdagaand, 28 Junie, in Oosthuizenstraat plaasgevind het. Die voorval het omstreeks 22:00 plaasgevind toe twee fietse uit ‘n oop motorhuis gesteel is.

Volgens die bedryfshoof van Mooirivier Beskerming Christiaan Heafele het die kringtelevisie kameras die verdagtes vasgevang terwyl hulle met die gesteelde fietse die toneel verlaat. Ure later, teen 04:00 die oggend van 29 Junie, is dieselfde twee individue in Thabo Mbeki-rylaan weer op kameras opgemerk.
Reaksie-eenhede van Mooirivier Beskerming en die Cachet Park CID NPC is onmiddellik ontbied en het vinnig opgetree. Deur hul samewerking is die twee verdagtes suksesvol in hegtenis geneem voordat hulle vermoedelik nóg ’n diefstal kon pleeg.

Volgens Heafele het die verdagtes tydens ondervraging erken dat hulle die fietse gesteel en later verkoop het om geld vir dwelms in die hande te kry. Hulle was glo op pad om ‘n verdere misdaad te pleeg toe hulle vasgetrek is.

Hoewel die gesteelde fietse nog nie opgespoor is nie, is beide verdagtes tans in aanhouding, en verdere ondersoeke is aan die gang.

Tydens die arrestasie is ‘n gesteelde studentekaart ook in hul besit gevind. In reaksie hierop het die NWU Beskermingsdienste studente daaraan herinner om enige verlore of gesteelde studentekaarte onmiddellik aan te meld om moontlike misbruik te voorkom.

Die gemeenskap word aangemoedig om waaksaam te bly en enige verdagte aktiwiteite onmiddellik by plaaslike owerhede aan te meld het Heafele bygelas.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button