Potchefstromers rou oor die afsterwe van geliefde mekalaar, Zyda de Oliveira. Sy het op 23 Junie oorlede.
Zyda was vir 38 jaar ‘n inwoner van Potchefstroom. Sy was die eienaar van Nova Makelaars tot en met haar kinders die besigheid verkoop het. Sy is na ‘n groot motorongeluk vir die afgelope 17 jaar in-en -uit die hospitaal. Die laaste twee jaar het haar gesondheid agteruit gegaan.
Geraldine de Oliveira, Zyda se dogter, sê vir die gesin was haar ma hulle alles.
“Sy was die mooiste, vriendelikste mens met die mooiste hart. Haar geloof was baie sterk. Almal sal haar onthou aan haar sin vir humor en haar lag. Haar plekkie is lee gen ons gaan haar verskriklik mis.”
Zyda was vir 40 jaar met jaar man, Ollie (Joaquim Da Graca Ferreira de Oliveira) getroud. Sy laat haar man, drie dogters, twee skoonseuns en drie pragtige kleinkinders agter.
‘n Gedenkdiens sal vir Zya Saterdag, 5 Julie om 11:30 by Gereformeerde Kerk Potchefstroom Suid gehou word.




