EntertainmentHigh SchoolLocal newsNewsNews

Gimmie danser presteer in Spanje

Vier dansers van Gimmies het aan die Mediterranean International Arts Festival in Spanje deelgeneem.

Nicoléne Minnaar, ‘n graad 11 leerling van Hoërskool Potchefstroom Gimnasium (Gimmies), het vanaf 12 to 21 Julie die voorreg gehad om as lid van Talent Africa se SA – dansspan deel te neem aan die Mediterranean International Arts Festival in Spanje. Vier dansers van Gimmies het sedert November 2024 verskeie fondsinsamelingsgeleenthede gehou onder die bekwame leiding en afrigting van hulle afrigter, Anchenique Papenfus.

Die span het op 14 Julie aan die Mediterranean Legends internasionale danskompetisie deelgeneem met solodanse, duette en groepdanse. Na ‘n besering in die span moes hulle inderhaas alle groepdanse aanpas om die beseerde spanlid te akkommodeer.

Ten spyte van hierdie uitdagings behaal Nicoléne twee eerste plekke in haar solodanse, asook 2 tweede plekke. Sy en haar dansmaat, Somé Cromhout, het ook ‘n eersteplek met hul Lyrical duet behaal. Verder het sy vyf tweede plekke verwerf in duo -en-groepdanse.

Dit was vir haar ‘n groot voorreg om Suid-Afrika te kon verteenwoordig met dans, wat sy al vir 11 jaar beoefen, en sy het in 2023, op 15-jarige ouderdom reeds haar SA-kleure verwerf by SADF (South African Dance Foundation).

Vir Nicoléne was die deelname aan ‘n internasionale danskompetisie (as deel van die SA – span) en die toer deur Spanje, Frankryk en Monaco, ‘n wonderlike ervaring! Sy is opreg dankbaar en wil aan God die eer gee dat Hy haar droom bewaarheid het. Nicoléne is ook dankbaar vir al haar vriende en familie vir hulle ondersteuning (finansieël en emosioneel).

Dit was ‘n ongelooflike voorreg om te kon beleef hoe die Europeërs dinge doen en ‘n ervaring wat haar lank sal bybly.

Die dansspan bestaan uit Elizka, Nicoléne, Somé en Zannica.
Talent Africa se SA span.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button