CrimeLocal newsNewsNews
Klippe trek na verdagtes venster breek
Cachet Park se reaksiebeamptes moes verdagtes te voet jaag nadat die verdagtes begin klippe gooi het.
Klippe het Maandag in Hoffmanstraat getrek nadat drie verdgtes die venster van ‘n voertuig gebreek het.
Leandro de Beer, bestuurder van die Cachet Park Verbeteringsdistrik, sê Cachet Park se reaksiebeamptes het die verdagtes probeer vaskeer, maar die verdagtes het klippe na die beamptes en verbygaande voertuie begin gooi.
Die reaksiebeamptes het die verdagtes te voet nagesit en een verdagte is op die Meyerstraat-brug aangekeer. ‘n Groot mes is in die verdagtes se besit gevind.
Die ander twee verdagtes is later deur die Reaksie-eenheid in Silverstraat aangekeer.
Die polisie het die saak oorgeneem en sal verdere ondersoek instel.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



