Local newsNewsNews
Twee in hegtenis na vermeende kabeldiefstal
Sekuriteitsbeamptes het twee vermeende kabeldiewe op die N12 vasgetrek nadat hul bakkie sonder hoofligte gery het. Koperkabels is op die voertuig gevind.

Vermeende kabeldiewe is op 7 Augustus omstreeks 06:00 in hegtenis geneem.
Dit nadat sekuriteitsbeamptes van CB sekuriteit ‘n bakkie op die N12 afgetrek het. Die beamptes het die bakkie omstreeks 05:40 gewaar waar dit op die N12 sonder hoofligte aan gery het.
Nadat die bakkie afgetrek het, het ses verdagtes probeer vlug. Beamptes kon daarin slaag om twee vas te trek waarna koperkabels agter op die bakkie gevind is. Die polisie is in kennis gestel wat die saak oorgeneem het.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



