SportSport

Al Gimmies se dogtershokkie spanne eindig in top drie

Potchefstroom Gimnasium se dogtershokkiespanne het puik vertoon by die Noordvaal-uitspele met al vier A-spanne wat onder die top drie eindig. Twee doelwagters ontvang ook toptoekennings.

Potchefstroom Gimnasium se dogtershokkiespanne het onlangs by die Noordvaal-uitspele uitmuntend presteer en gewys hoekom hulle as van die sterkste spanne in die streek beskou word.

Die o.14A-span het ’n derde plek ingeneem, terwyl die o.15A- en o.16A-spanne tweede geëindig het. Die eerstespan het ook sterk vertoon en ’n derde plek behaal.

Nog ’n hoogtepunt vir Gimmies was die prestasie van twee van hul doelwagters. Renate van der Merwe (o.15) en Hayley Stevens (o.16) is albei as die beste doelwagters in hul onderskeie ouderdomsgroepe aangewys.

“Ons is ongelooflik trots op elke speler,” het die skool gesê. “Hulle het nie net hul tegniese vaardighede gewys nie, maar ook ware sportmangees en deursettingsvermoë.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button