Local newsNewsNews

Student skok dood by treinstasie

Die Potchefstroom treinstasies is tans 'n gesogte plek om fotos te neem.

‘n Student (19) is Woensdag dood nadat hy by die Pochefstroom treinstasie glo doodgeskok het.

Brigadier Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ‘n geregtelike doodsondersoek by die Potchefstroom-polisiestasie geregistreer is nadat ‘n 19-jarige man op 24 September by die plaaslike treinstasie doodgeskok is.

“Die slagoffer was saam met ‘n metgesel toe die voorval plaasgevind het. Geen vuilspel word op hierdie stadium vermoed nie, en die ondersoek na die saak duur voort.”

Madra de Bruin, DA-radslid van wyk 15, het inwoners gewarsku om die treinstasie heeltemal te vermy.

“Met jaareindfunksies wil baie mense daar foto’s neem, maar dit is uiters gevaarlik. Ons het tragies nog ‘n lewe verloor as gevolg van elektrisiteit op die terrein. Fotos is vir ewig, maar die risiko ook. As jy daarheen gaan, moenie op enigiets klim nie. Ons dringende versoek is dat jy liewer heeltemal wegbly. Ondersoeke is aan die gang en ons druk Transnet om die gebied te beveilig. Tot dan is jou veiligheid belangriker as ‘n foto.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button