Kaapse man loop met kruis deur Potch vir bewusmaking oor plaasaanvalle
Karl de Winnaar stap deur verskillende dorpe in die land om bewusmaking vir plaasaanvalle te skep en hoop te bring.
Dit is nie maklik om jou kruis te dra nie, maar dit is beslis bevredigend.
Vra maar vir Karl de Winnaar (46), ‘n inwoner van Strand in die Kaap wat so paar dae gelede deur Potchefstroom gereis het as deel van ‘n ongeveer 2000 km roete van die Kaap tot in Musina. Hy stap deur verskillende dorpe in die land om bewusmaking vir plaasaanvalle te skep en hoop te bring.
Kyk die video hier:
“’n Mens besef nie altyd watter impak plaasaanvalle op die gemeenskap het nie. Nie net affekteer die families nie, maar plaaswerkers sit dan ook sonder werk.”
Sy doel is om die kruis wat hy dra uiteindelik op die Witkruismonument, tussen Mokopane (voorheen Potgietersrus) en Polokwane vas te sement.
Volgens hom is die gasvryheid wat hy ervaar regoor die land ‘n teken van mense se barmhartigheid. Soms kan hy nie orals te voet weens veiligheid stap nie, dan sal weldoeners vir hom ‘n saamrygeleentheid gee na die naaste dorp.
“Dit is vir my lekker om met mense konneksies te bou en die Woord van die Here te verkondig. Om so lank te stap is uitdagend en soms baie warm, maar dit is die moeite werd,” vertel hy verder.
Lees die volledige storie in hierdie week (5 Februarie) se Potchefstroom Herald



