Local newsNewsNews

Twee vragmotors bots op N12

Daar is tans diesel in die pad en die N12 is op die brug in die rigting van die sentrale sakekern vir eers gesluit.

Twee vragmotors het vanaand (Sondag, 22 Februarie) omstreeks 18:55 op die N12 by die Nelson Mandelabrug gebots.

Die toneel tans op die N12 na twee vragmotors gebots het. Foto: Potchefstroom First Responders/Facebook

Een trokdrywer het geringe beserings opgedoen. Daar is ook tans diesel in die pad en sodoende is die pad ook tans gesluit in die rigting van die sentrale sakekern van Potchefstroom.

Dit is onseker presies hoe lank dit gaan neem voor die pad weer oop vir verkeer sal wees.

Noodpersoneel en relevante owerhede is tans op die toneel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button