Local newsNewsNews

Foto’s: Volkies boer voort op eerste Oesdag

Die dag wat omstreeks 10:00 afgeskop het, het begin met ‘n mieliepluk-kompetisie tussen al die grade se klasse.

Hoër Volkskool Potchefstroom se heel eerste Oesdag op Donderdag, 26 Februarie, is ‘n viering van harde werk en waar die guns en goedheid van God geeër word.

Volkies se Landbou departement kan nou die vrug pluk van hul harde werk met leerders wat ‘n groot en pragtige oes groenmielies opgelewer het in die afgelope seisoen.

Kyk die foto’s hier:

Die hoof van Volkskool Potchefstroom, mnr. PW van Aswegen het in sy openingstoespraak genoem dat die skool dankbaar is vir die ondersteuning van die gemeenskap, personeel, leerders, borge en die beheerliggaam vir hul insette in die sukses van Volkies se eerste oesdag.

Die dag wat omstreeks 10:00 afgeskop het, het begin met ‘n mieliepluk-kompetisie tussen al die grade se klasse.

Kyk die video hier:

Dit was groot pret met leerders wat tussen die mieleblare die oes eerstehands kon ervaar.

Die Graad 12A klas het in vier minute 215 mielies gepluk.

Volkies se Oesdag is oop vir die publiek met stalletjies, kos en samesyn wat die gemeeskap met oop hande betrek. Die publiek kan ook hul eie mielies kom pluk of geplukte mielies koop om die skool in hierdie projek te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button