Local newsNewsNews
Video: Ongeluk na motoris oor rooi verkeerslig ry
Op die beeldmateriaal kan daar gesien word hoe die motoris oor die rooi lig ry en dan op die kruising gestamp word.
Daar het vanmiddag (Sondag, 1 Maart) omstreeks 12:22 ‘n botsing op die hoek van Meyer en Steve Bikostraat plaasgevind toe ‘n wit kombi-minibus oor ‘n rooi verkeerslig gery het en met ‘n Suzuki gebots het.
Op die videomateriaal kan daar gesien word hoe die motoris van die Suzuki oor die groen verkeerslig in Steve Bikostraat ry en dan in die kombi se regterkant vasry.
Noodpersoneel en al die owerhede was op die toneel. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



