Local newsNewsNews

Student ontvoer en verkrag

Die saak word tans deur die Potchefstroom-polisiestasie ondersoek. Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van verkragting nadat ’n 20-jarige student aan die Noordwes-Universiteit (NWU) na bewering op Maandag, 16 Februarie, deur ’n onbekende man oorval is.

Volgens beskikbare inligting het die voorval plaasgevind nadat die verdagte by die student se voertuig ingespring het. Hy het haar glo gedreig en gewurg voordat hy haar na Ikageng geneem en verkrag het. Geen van die slagoffer se besittings is tydens die voorval gesteel nie.

Terwyl gerugte op sosiale media en in die gemeenskap versprei dat drie ander studente soortgelyke aanvalle beleef het, kon hierdie bewerings nie amptelik bevestig word nie.

Konstabel Thuto Bobelo, woordvoerder van die SAPD, het in ’n verklaring gesê dat daar tans geen bewyse is dat ’n reeksverkragter in die dorp bedrywig is nie.

“Ons kan nie op hierdie stadium enige gerugte van ’n reeksverkragter in Potchefstroom bevestig nie. Verkragtings in die gebied toon nie ’n toename soos beweer word nie,” lui Bobelo se verklaring.

Die SAPD beklemtoon dat hulle voortgaan om verkragting in die streek te beveg, maar doen ’n beroep op die publiek om kalm te bly en nie onnodige paniek te saai nie.

Bobela het die volgende veiligheidswenke aan die gemeenskap uitgereik:

“Moenie saam met vreemdelinge reis nie, veral nie na afgesonderde of private plekke nie. Moet ook nie enige verversings van vreemdelinge aanvaar nie en besoek verkieslik openbare plekke in groepe.”

Potchefstroom First Responders gee ook wenke oor hoe om jouself veilig te hou:

  • Voorkoming begin by paraatheid, nie paranoia nie.
  • Moenie alleen huis toe loop ná 21:00 nie.
  • Moenie jou drankie uit die oog verloor nie.
  • Moenie saam met ’n vreemdeling ry nie.
  • Moenie beleefd wees as jy ongemaklik voel nie.
  • “Nee” is ’n volledige sin.
  • Loop in groepe.
  • Reël jou vervoer vooraf.
  • Deel jou ligging met iemand wat jy vertrou.
  • Gebruik goed verligte, besige strate.
  • Respekteer grense.
  • ‘n “Ja” is duidelik, vrywillig en kan enige tyd teruggetrek word.
  • As jou vriend grenslyne oorsteek, sê dan iets.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button