Local newsNewsNews

Vordering vind plaas by Landboukollege

Die gebarste pyp is herstel en werk aan die rioollek wys vordering.

DA-wyksraadslid van Wyk 4, Johan Zerwick, het Woensdag laatmiddag, 4 Maart by die Landboukollege gaan inspeksie doen waar ‘n asbes-waterpyp twee keer in twee dae gebars het.

Volgens hom is die werk voltooi en lyk als goed.

“Die waterdruk is nog swak omdat ons gevra het hulle moet die waterdruk stadig vermeerder anders kan die volledige druk moontlik nog ‘n bars veroorsaak. So die druk is nog swak, maar dit sal stelselmatig vermeerder tot vol kapasiteit.”

Hy gaan voort om te sê hulle is dankbaar dat die herstelwerk gedoen is.

“Dit is net die rehabilitasie en om die terrein in orde te kry wat nog afgehandel moet word.”

Hy vertel werk op die rioollek binne die kollege wat al vir ‘n wyle ‘n probleem is, ook vordering wys. Die reën maak dit egter moeilik.

Lees die vorige artikels hier:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2026/03/04/video-water-stroom-na-pyp-by-landboukollege-bars/

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/news/2026/02/19/rioolramp-by-landboukollege-eersdaags-opgelos/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button