Local newsNewsNews

Saak van pitbull-aanval op huiswerker van rol geskrap

Die drie pitbull-honde is deur 'n buurman uit selfverdediging doodgeskiet.

Die saak teen ’n egpaar wie se honde hul huishulp in Januarie 2022 glo wreed aangeval en vermink het, is Maandag 16 Maart in die Potchefstroom-streekshof van die rol geskrap.

Die beslissing volg nadat beide die staat en die verdediging steeds wag op ’n uitstaande besluit van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV) oor vertoë dat die saak moontlik laat vaar moet word.

Chandré en Marno Mostert tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Wouter Pienaar.

Die egpaar, Chandré en Marno Mostert, se regsverteenwoordiger, Derik Schutte, het bevestig dat vertoë reeds in Mei verlede jaar aan die NDOV gerig is, maar dat geen terugvoer tot dusver ontvang is nie.

“Sedertdien is daar geen uitsluitsel nie. Die staat het ook opgevolg, maar sonder sukses. Weens die langdurige vertraging en gebrek aan vordering is daar besluit om die saak voorlopig van die rol te verwyder,” het hy aan die Herald gesê.

Schutte het bygevoeg dat dit die staat se prerogatief bly om die saak op ’n latere stadium weer op die rol te plaas.

Chandré en Marno Mostert staan tereg op aanklagte van nalatigheid nadat hul huishulp, Dipuo Kokolosi, in Januarie 2022 by die egpaar se woning in Kockstraat deur drie honde aangeval is.

Dipuo Kokolosi se gesig is na die Pitbull-aanval in Januarie 2022 geskend. Foto: Wouter Pienaar.

Kokolosi het ernstige beserings opgedoen toe die honde haar neus, lippe en oorskulpe afgeruk het en haar ook elders aan haar liggaam gebyt het.

’n Buurman, Ziggy Abdullah, het tydens die aanval ingegryp en, nadat hy ’n waarskuwingskoot afgevuur het, die honde uit selfverdediging doodgeskiet om Kokolosi te red.

Sy het sedert die voorval reeds verskeie rekonstruktiewe operasies ondergaan.

Die Herald het Kokolosi se familie vir kommentaar gekontak, maar nog nie terugvoer gekry nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button