SportSport

Volkies val vas teen KHS in NWU Prestige-sportreeks

Volkies gaan nog baie werk insit vir die res van die seisoen na hul A-spanne vir die tweede week in 'n ry die knie moes buig.

Volkies se eerstespan het die afgelope Saterdag, 14 Maart, ’n taai wedstryd teen KHS in die NWU Prestige-sportreeks met 43-19 verloor.

Die telling was egter nie noodwendig ’n ware weerspieëling van hoe naby die spanne op ’n stadium aan mekaar was nie.

KHS het die wedstryd goed begin en sterk geëindig, nadat Volkies in die tweede helfte ’n goeie terugvegpoging geloods het om die halftydtelling van 24-7 na 24-19 te vernou.

 

KHS se agterlyn het baie spoed gewys. Hier is Brendan Mathysse op die aanval.
Marco Symmington op pad na sy drie.

Volgens Volkies se eerstespan-afrigter, Mighael de Beer, het KHS dit moeilik vir sy span gemaak weens hul spoed.

“Ons wil net beter wees wanneer ons in die ‘red zone’ kom en meer akkuraat wees. Dit is nog vroeg in die seisoen, so ons toets nog posisies uit, terwyl daar ook ’n paar beserings is. Ek lees nie te veel in hul laaste twee drieë nie. Dit was ’n goeie wedstryd en hulle is ’n goeie span,” het De Beer gesê.

Volkies se derde- en tweedespan het hul wedstryde teen KHS gewen, terwyl die ander spanne almal klei getrap het.

Volkies speel hul volgende NWU Prestige-reekswedstryd op 11 April teen Hoërskool Pietersburg in die kwarteindstryd.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button