Local newsNewsNews

Koshuise laat die kreatiwiteit loop by 2026 Bingle-Sêr

Die NWU se Bingle-Sêr was soos gewoonlik 'n belewenis. Vanjaar het Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en Excelsior Manskoshuis die eerste plek behaal.

Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en Excelsior Manskoshuis het vir ’n onvergeetlike “The Penguins of Madagascar” geïnspireerde-opvoering by die 2026 NWU Bingle-Sêr gesorg wat vir hulle ’n eerste algehele plek besorg het.

Hulle het ook ’n eerste plek vir beste tema en tweede plekke vir medley-rangskikking en eie komposisie verwerf.

Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en Excelsior Manskoshuis vier hul oorwinning. Foto: Tian du Preez

Volgens Chanelle Smith, primaria van Vergeet-My-Nie Dameskoshuis (VMN), was hulle sukses op die verhoog te danke aan ’n vrymoedigheid om groot te gaan, snaaks te wees, hard te oefen en dit voluit te geniet.

“Bingle Sêr is elke jaar vir my ’n hoogtepunt. Omdat ons sleep baie naby is en ’n goeie verhouding het, was dit regtig slegs pret,” vertel sy.

“Die aand self was baie lekker, almal was baie gelukkig en tevrede met die optrede, maar ons het nie met enige verwagtinge ingegaan nie. Baie mense het wel ná die tyd vir ons gesê ons was by verre die lekkerste om na te kyk. Toe begin ons hoop vir die wen.”

Koos Croukamp (Moto Moto), Leatile Malope en Lancelot Gilbert.
Chad Hofmeyer in die middel was een van die Pikkewyne wat vir groot vermaak gesorg het. Foto: Tian du Preez.

Sy vertel dat almal mal gegaan het toe hulle as die wenners aangekondig is.

“Ons het seker vir ’n uur net geskree en gedans en mekaar gedruk en foto’s geneem! Die mense moes ons begin uitjaag,” noem Chanelle opgewonde.

Volgens haar was daar baie harde werk betrokke, maar dat dit alles in ’n goeie gees plaasgevind het, en dat beide VMN en Excelsior goeie energie gebring het.

“Ek dink as jy enigiemand backstage vra, was ons laf en so opgewonde. Ons het na die tyd ook tot 04:00 die volgende oggend almal saam die wen gevier.”

Bingle Ser
Vergeet-My-Nie Dameskoshuis en Excelsior Manskoshuis is as die algehele wenners van die 2026 Bingle Serenade aangewys. Hier is Chanelle Smith, Tristan Hofmeyer (King Julian) en Isabelle Best. Foto: Tian du Preez

’n Spesiale oomblik was toe Mea Colyn, as VMN Kunste-HK, Bingle Sêr gewen het. Sodoende het sy in haar sussie Rize se voetspore gevolg, wat twee jaar gelede as VMN Kunste-HK ook Bingle Sêr gewen het.

Dinki Dameskoshuis en Laureus Manskoshuis het ‘n tweede algehele plek vir hul uitvoering behaal. Foto: Tian du Preez

Laureus Manskoshuis en Dinki Dameskoshuis het ’n tweede algehele plek behaal. Hulle het ’n eerste plek in die eie komposisie-kategorie en ’n derde plek vir hul tema verwerf.

Veritas Manskoshuis en Kasteel Dameskoshuis het ’n derde algehele plek vir hul kat-tema behaal. Bekende katfigure soos Puss in Boots en Cat in the Hat was deel van hierdie stuk. Hulle het goud vir beste melodieverwerking en silwer vir tema en eie komposisie ontvang.

Veritas Manskoshuis en Kasteel Dameskoshuis se vertoning was ‘n katliefhebber se droom. Foto: Tian du Preez.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button