Local newsNewsNews

Volkies se dinamiese duo haal top 30 van Maak my ‘n Miljoenêr

Heinrich Fouché en Renier Barnard het die Top 30 van die "Maak My 'n Miljoenêr:-kompetisie behaal.

Twee van Hoër Volkskool Potchefstroom se top-10 akademiese presteerders is nie net slimkoppe nie, maar het ook ’n aanvoeling vir besigheid en om unieke entrepreneursgeleenthede raak te sien.

Heinrich Fouché en Renier Barnard, twee goeie vriende, se passie vir leer en om ander kinders te help om akademies suksesvol te wees, het vir hulle ’n plek in die Top 30 van die Maak My ’n Miljoenêr-kompetisie besorg, wat ’n fenomenale prestasie is.

Hierdie nasionale kompetisie, wat Albert van Wyk aanbied, het net die room van die land gekies. Die enigste ander Noordwes Top 30-finalis is van Hoërskool Brits.

Hul konsep is relatief eenvoudig: Skep ’n aanlyn tutorplatform wat uit video’s, opsommings en addisionele oefenvrae bestaan. Om die aanbieding professioneel te maak, word die kursusse deur Udemy aangebied.

Die kursusse bevat verduidelikings, opsommings, uitgewerkte voorbeelde en ekstra oefeninge om leerders te help om die werk beter te verstaan en toe te pas.

Heinrich Fouché en Renier Barnard het die Top 30 van die “Maak My ‘n Miljoenêr:-kompetisie behaal. Foto: Volkies Potch/Facebook

“Toe ons die besigheid begin het, was ons primêre doel om rekeningkundekursusse vir Graad 8 tot 11 in Afrikaans en Engels te ontwikkel. Om seker te maak dat die materiaal werklik effektief is, het ek besluit om Rekeningkunde as ’n ekstra vak te neem. Tot dusver gaan dit baie goed, wat vir ons verdere vertroue gee dat die inhoud waardevol en prakties is,” noem Heinrich.

Hoe het die idee ontstaan?

Aan die begin van die jaar het hierdie twee vriende oor hul ouers (Jaco Fouché en Jaco Barnard) en ’n paar van hul kollegas gesels wat rekeningkundevideo’s gemaak het, maar nooit die tyd gehad het om dit doeltreffend te bemark nie.

“Ons het toe begin wonder of ons nie die bestaande video’s kon gebruik as grondslag vir ’n besigheid nie. Op daardie stadium het ons egter min praktiese ervaring van die sakewêreld gehad.

“Toe die Maak My ’n Miljoenêr-kompetisie by ons skool aangebied is, het ons besef dat dit die ideale geleentheid sou wees om meer oor besigheid te leer. Ons het ons promosievideo ingestuur en is genooi na die aanbieding in Pretoria.”

’n Gevoel van trots om die Top 30 te haal

Die hoofdoel is om leerders se potensiaal te ontwikkel en verdere belangstelling te kweek.

“Ek voel trots op ons en voel dat dit ’n baie groot voordeel is om meer oor die besigheidswêreld te kan leer. Omdat ons deur is na die Top 30, wys dit dat ons reeds kennis van die besigheidswêreld het, wat goed voel,” noem Renier.

Hierdie dinamiese duo gaan in Julie verder aan die kompetisie deelneem en moet vier besigheidsuitdagings voltooi wat hul besigheidsvaardighede, probleemoplossingsvaardighede sowel as spanwerk gaan toets.

Die uitdagings vind plaas by MOS op 3 Julie, ATKV Buffelspoort op 4 Julie, ATKV Goudini Spa op 6 Julie en Akademia op 7 Julie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button