Local newsNewsNews

Voormalige Gimmie bring moderne kabaretstuk na Aardklop

Zandélle vertolk die rol van Hannie, ’n aspirant-DJ wat haar voltydse klubwerk verloor en in Kaapstad op kreatiewe wyses moet oorleef.

Die oud-Gimmie, Zandélle Meyer, gaan vanjaar feesgangers met haar Aardklop-produksie, Beste Voetjie Voor, tydens hierdie egte en unieke kabaretvertoning vermaak.

Zandélle, wat in 2018 aan Potchefstroom Gimnasium gematrikuleer het, het self die teks geskryf en sal saam met Marcel Dednam op die verhoog verskyn. Dednam behartig die instrumentasie en musiek.

Zandélle vertolk die rol van Hannie, ’n aspirant-DJ wat haar voltydse klubwerk verloor en in Kaapstad moet oorleef deur eenmalige optredes, kelnerwerk en selfs die verkoop van voetfoto’s.

“’n Skynbare uitweg as au pair by ’n Franse familie ontaard in morele chaos: ’n Dronk St. Patrick’s Day-aand, ’n impulsiewe tatoeëermerk, ’n naakfoto wat na die verkeerde nommer gestuur word en ’n skokkende moord. Wat soos ’n afwaartse spiraal klink, word egter die begin van Hannie se opkoms as ’n crossover cabaret-DJ,” lui die sinopsis op Aardklop se webblad.

Die bekende aktrise, Je-ani Swiegelaar, behartig die regie, terwyl Zandélle ook die stelontwerp geskep het. Die oud-Volkie, Erasmus Esterhuizen, is verantwoordelik vir verhoog- en produksiebestuur asook vervaardiging.

Zandélle is bekend vir haar rol as Marelize in die vollengte rolprent My F*k Marelize, sowel as haar rolle in die sepies Binnelanders (Riekie), Suidooster (Veroné) en die reeks Wyfie (Jessie).

Beste Voetjie Voor is ’n kabaret vir jong mense en ’n ode aan almal wat doen wat hulle moet doen om dit wat hulle liefhet, na te jaag.

Beste Voetjie Voor (Vertoningbesonderhede)

Kontemporêre Kabaret | Meertalig | Geen onder 16 | 75 minute.

Vertonings (Venue: Potchefstroom Girls High)

  • 29 September – 16:30
  • 30 September – 16:00
  • 1 Oktober – 15:30

Kaartjies

  • R180 vooraf
  • R200 by die deur
  • R160 (Hartsvriende)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button