Geliefde sektretaresse van Potchefstroom sal onthou word vir haar mentorskap
Dolores Erasmus wat by skole soos Laerskool Mooibank, Laerskool Baillie Park, Akkerjakker Kleuterskool en Asjassies Kleuterskool werksaam.
Die gemeenskap is in rou ná die afsterwe van Mev. Dolores Erasmus (87), of soos almal haar geken het, Ouma Lollo.
’n Geliefde sekretaresse en mentor wat vir dekades lank by skole soos Laerskool Mooibank, Laerskool Baillie Park, Akkerjakker Kleuterskool en Asjassies Kleuterskool werksaam was.

Sy is op 25 Junie na ‘n kort siekbed oorlede.
Ouma Lollo was bekend vir haar warm glimlag, haar liefde vir bak, haar passie vir kinders en haar onwrikbare toewyding aan haar familie en vriende.
Sy was geseënd met sewe kinders, 22 kleinkinders en 15 agterkleinkinders.
’n Gedenkdiens sal Vrydag, 10 Julie om 11:00 by die NG Kerk Suiderkruis plaasvind. Die familie bedank almal vir hul medelye en ondersteuning in hierdie moeilike tyd.



