Local newsNewsNews

Aardklop bied spesiale afslag vir gesinne

Oor ‘n tydperk van 48 uur kan gesinne vanaf Maandag, 27 Julie – Woensdag, 29 Julie 30% afslag op die kaartjieprys van uitgesoekte produksies kry.

Momentum Aardklop bied vanjaar vanaf 29 September – 4 Oktober uitstekende produksies vir jong tot oud met ‘n verskeidenheid wat in die hele gesin se smaak sal val.

Oor ‘n tydperk van 48 uur kan gesinne vanaf Maandag, 27 Julie – Woensdag, 29 Julie 30% afslag op die kaartjieprys van uitgesoekte produksies kry.

Verder sluit hierdie afslag ook van toepassing op ‘n Feesterrein-dagkaartjie vir Woensdag, 30 September: Toegang tot die feesterrein kos gewoonlik R80 vir ’n dagkaartjie, maar danksy dié spesiale Gesinspromosie, kan jy feesgangers ‘n toegangskaartjie teen net R56 kry.

Die produksies wat vir hierdie spesiale aanbod geld is:

Geagte kampeerders:

In hierdie splinternuwe komedie is Wynand van Vollenstee te sien as Oom Frik, die opsigter, eienaar en bestuurder van die Willewaters-kampeerterrein. Kom lag lekker saam en beleef al die tipiese kampkarakters wat altyd hul verskyning by enige kampterrein maak. Ook met Thiart Li. (Volprys: R190. Afslagprys: R133)

Liefde, Lafras:

Lafras (Gerben Kamper) sterf, maar verlaat nooit die huis nie. Nou sukkel Gertie (Antoinette Kellermann) om haar lewe met haar man se spooklewe te versoen. Regie en stelontwerp deur Wolf Britz. (Volprys: R230. Afslagprys: R161)

Gryp Elke GrasHOLM en Liefde, Lafras is twee uitsonderlike produksies.

André Schwartz – Die kronieke van Buks:

In hierdie komiese kabaret blaf Buks die chihuahua koning in die stofstrate van Paul Roux. Hy dien as toegangspoort tot ’n gemeenskap wat stadig uitmekaar begin val. Tussen die seer en die humor lê die gestroopte musiek van onder meer Billy Joel, André Schwartz, Charles Aznavour en vele meer. Ook met Bryan Schimmel op klavier. (Volprys: R190. Afslagprys: R133)

Charl du Plessis se Surf & Turf:

Ná die suksesvolle bekendstelling van die projek verlede jaar, keer dié gewilde konsep vanjaar op openbare aanvraag terug na Momentum Aardklop. Die bekroonde Charl du Plessis neem feesgangers op ’n insiggewende, sjarmante en soms humoristiese manier op ’n musikale proetog saam. Vanjaar se gaskunstenaars is Die Boulevard Harmoniste en Hofmeyrs in Konsert. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)

Pietman Geldenhuys – Kampvuur tot kitaar:

Pietman Geldenhuys is op sy heel gemaklikste langs ’n kampvuur. Dis hier waar stories en liedjies gebore en hoofsaaklik getoets word. Kom luister na hoe die vuur insypel in stories en liedjies wat jou sal laat glo jy ruik die kole. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)

Jubilate Deo:

Hierdie koor-en-orkeswerk gee lewe aan Psalm 100 deur ’n verskeidenheid tale en kulture – van Latyn en Hebreeus tot Zoeloe en Mandaryns. Met die NWU Orkes en kore. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)

Charl du Plessis Trio: Take a Sad Song and Make It Better:

Hierdie veelsydige ensemble het internasionaal naam gemaak met hul unieke verwerkings, virtuose spel en fyn genuanseerde interpretasies van klassieke werke in ’n jazzstyl. Dié keer kyk Charl du Plessis, Werner Spies en Peter Auret terug op musikale hoogtepunte van die afgelope twee dekades. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)

Twit maak maats op Robbeneiland:

In dié kinderproduksie, een van ’n trilogie, ontmoet Twit die pikkewyne Borrel en Korrel op Robbeneiland, waar hulle die vuurtoring se lig moet regmaak. Met Melandi Swiegelaar, Luan Maartens en

Chrizaan Raath en teks deur Chrizaan Raath. (Volprys: R100 en R50 vir kinders onder 10. Afslagprys: R70 en R35 vir kinders onder 10)

Twit verdwaal in die Kangogrotte:

Wanneer Twit diep in die Kangogrotte verdwaal, probeer hy alleen sy pad terugvind, maar maak per ongeluk die grot se mure wakker. Dan begin die stories . . . (Volprys: R100 en R50 vir kinders onder 10. Afslagprys: R70 en R35 vir kinders onder 10)

Twit se trippie in die Knysnabos:

Op sy soektog na die legendariese Grootvoet van die Knysnabos ontmoet Twit vir Skorrie Hardebaard, ’n man met gevaarlike geheime. (Volprys: R100 en R50 vir kinders onder 10. Afslagprys: R70 en R35 vir kinders onder 10)

Vincent: His Quest to Love and Be Loved:

Dié bekroonde kleinkuns-musiekspel wat al drie Naledi-pryse gewen het, belig die lewe en werk van Vincent van Gogh op ’n vindingryke en aangrypende manier. Die sanger en akteur Daniel Anderson wissel naatloos tussen die rol van verteller en Van Gogh. Ook met Paul Ferreira. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)

Hofmeyrs in konsert – Van liefde en die nag:

Twee van die mens se rykste bronne van musikale inspirasie, naamlik die liefde en die nag, word in hierdie meesleurende program gevier. Met Hendrik Hofmeyr, Zanta Hofmeyr, Malané Hofmeyr-Burger, Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert. (Volprys: R180. Afslagprys: R126)

Gryp elke grasHolm:

Dié produksie gaan oor die silwer randjie van elke donker wolk – elke stukkie sleg het ’n stukkie snaaks. Marion Holm wil vir die gehoor gee wat ons almal nodig het: hoop, humor en harmonie. Teks deur Marion Holm en Chris Vorster. (Volprys: R200. Afslagprys: R140)

Shift Happens:

Car Basics with Paige Lindenberg: Dié praatjie demonstreer die gewilde renjaer se praktiese, fiemielose benadering tot voertuigsorg – haar doel is om dit minder intimiderend en meer toeganklik vir elke vlak van motoris te maak.  (Volprys: R195. Afslagprys: R136,50)

Car Basics with Paige Lindenberg

Kry afslag op die volgende wyse:

  1. Gaan na SeatMe.co.za
  2. Kies die produksies waarvoor die promosie geld, en wanneer jy betaal, voeg jy die kode SA4M26 in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button