Local newsNewsNews

Polisie ondersoek steeds oorsaak van boer se dood

"Die plek waar oom Ernst gevind is, is deel van die gebied wat met hommeltuie, helikopters, snuffelhonde en deur die polisie deursoek is. Daarom bly sy dood vir die familie 'n groot raaisel."

Die omstandighede rondom die dood van die 74-jarige Ernst Steynberg, wat sedert Sondag, 26 Julie vermis was, bly ‘n raaisel nadat sy liggaam Dinsdagoggend op sy plaas, Rietvallei naby Rysmierbult, gevind is. Ondanks ‘n grootskaalse soektog, is Steynberg in ‘n gebied ontdek wat reeds deeglik deursoek is.

Volgens polisiewoordvoerder sers. Kelebogile Morake is die oorsaak van Steynberg se dood in hierdie stadium onbekend en sal dit eers ná ‘n nadoodse ondersoek vasgestel word.

Ds. Tinus Roux, die familie se predikant en jarelange vriend, sê Steynberg is minder as ‘n kilometer van die plaashuis af op ‘n koppie gevind. “Die plek waar oom Ernst gevind is, is deel van die gebied wat met hommeltuie, helikopters, snuffelhonde en deur die polisie deursoek is. Daarom bly sy dood vir die familie ‘n groot raaisel,” het Roux gesê.

Roux het bygevoeg dat daar volgens die familie geen sigbare beserings aan Steynberg se liggaam was nie en dat die oorsaak van sy dood eers deur ‘n nadoodse ondersoek bepaal sal word.

Die Steynberg-familie het hul opregte dank uitgespreek teenoor almal wat aan die uitgebreide soektog deelgeneem en hulle gedurende die afgelope paar dae met gebede, ondersteuning en hulp bygestaan het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button