Local newsSport

Potch JKA behaal 100%-slaagsyfer tydens gradering

De Villiers het die prestasie as 'n trotse mylpaal vir die klub beskryf.

Potchefstroom JKA-karateklub het Woensdag, 29 Julie, ‘n indrukwekkende 100%-slaagsyfer tydens sy jongste gradering behaal.

Die gradering het by die Potch JKA-dojo by Amelia Nasorgsentrum plaasgevind, waar al die karatekas hul volgende gordels suksesvol verwerf het. Die bevordering het gestrek van geel- tot rooi gordels.

Volgens Almaro de Villiers, Sensei van Potchefstroom JKA, is die klub vereer deur die teenwoordigheid van Sensei Bernard Raubenheimer en twee van sy senior studente, wat as gaste die gradering bygewoon en gehelp afneem het.

Benewens die gradering het Sensei Raubenheimer ook ‘n senior opleidingsessie aangebied waartydens die klub se senior karatekas volgens die standaarde van die Japan Karate Association (JKA) gestandaardiseer is. Sensei De Villiers het die prestasie as ‘n trotse mylpaal vir die klub beskryf en die lede gelukgewens met hul harde werk en toewyding.

Hier is die uitslae:

Blou 1:

  • Jethro Gqili
  • Eliana Gqili
  • Matthew Gqili

Solied geel:

  • Mardo Strauss
  • Zarrah Shah
  • Richard Roothman
  • Jethro Gqili
  • Nathan Rush
  • Aiden Govender
  • PJ Abbott
  • Jayden Ward
  • Sue-Ann Abbott

Solied Groen:

  • Nimmer van Vuuren
  • Xandri Korff

Rooi:

  • Juhin Jonker

Pers:

  • Luandre Groenewald

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button