Gebede gevra vir polisievrou
Adri Deysel, ’n voormalige SAPD-beampte en mede First Responder wat tans in Zambië woon, het oor die jare haar lewe daaraan gewy om ander te dien, te beskerm en te help.
Potchefstroom se First Responder-gemeenskap vra gebede vir een van hul eie, Adri Deysel, wat tans in die intensiewesorgeenheid (ICU) in Mediclinic Sandton herstel nadat sy ’n operasie ondergaan het.
Deysel, ’n voormalige SAPD-beampte wat tans in Zambië woon, het oor die jare haar lewe daaraan gewy om ander te dien, te beskerm en te help. Deysel was ook ‘deel van die ‘n lid van die NW SAPD Lugvleuel in Potchefstroom.
Die Potchefstroom First Responders doen ’n beroep op inwoners om Adri en haar familie in hul gedagtes en gebede te hou.
Hulle bid vir krag, genesing en ’n volledige herstel, asook vir wysheid en leiding vir die dokters, verpleegpersoneel en mediese span wat na haar omsien.
“Ons gedagtes is ook by haar familie, vriende en kollegas gedurende hierdie moeilike tyd. Van almal by Potchefstroom First Responders, ons staan by jou. Hou aan veg. Jy is nie alleen nie,” het die groep op Facebook gesê.



