Local newsNewsNews

Gelowige nutsman en sy twee kinders sterf in motorongeluk

Rudi Enslin en twee van sy kinders is op die ongelukstoneel van gistermiddag se N12 ongeluk net buite Potchefstroom oorlede.

’n Man wat lief was vir die Here in goeie en moeilike omstandighede.

Dit is hoe mense Rudi Enslin (53) sal onthou. Rudi en sy twee kinders, Jessica (13) en Hannes (18), is gistermiddag omstreeks 17:00 tragies in ’n motorongeluk op die N12 naby Lekwena oorlede. Nog ’n persoon, wat nie aan Rudi verwant was nie, is ook op die toneel dood verklaar.

Die Herald het met Rudi se broer, Nolla, gesels wat ook op die ongelukstoneel was.

“Rudi was die jongste boetie van ons vier. Hy was ’n baie goeie mens. Hy het gehelp waar hy kon en was ’n kind van die Here en geweet hoe om hard te werk,” noem Nolla.

Rudi was bekend as ’n nutsman wat feitlik enigiets kon regmaak en bou – van stelsels installeer tot betonwerk doen en motors herstel.

Rudi Enslin was bekend vir sy hart vir die Here.

Volgens ER24-kommunikasiebeampte Ineke van Huyssteen het nooddienste vier persone op die toneel gevind wat daarna dood verklaar is.

“Twee ander pasiënte het beserings tydens die botsing opgedoen wat van gering tot matig gewissel het. Een pasiënt is vir verdere mediese behandeling na ’n hospitaal vervoer, terwyl die tweede pasiënt vervoer na die hospitaal van die hand gewys het,” noem sy.

Volgens Noordwes-polisiewoordvoerder, sers. Kelebogile Morake, ondersoek Potchefstroom SAPD ’n saak van strafbare manslag. Drie motorvoertuie was by die botsing betrokke.

“In die eerste voertuig is die bestuurder nie beseer nie. Die tweede voertuig is ernstig beskadig. ’n 48-jarige insittende is op die toneel dood verklaar, terwyl ’n ander insittende beseer is en vir mediese behandeling na ’n hospitaal vervoer is.

“Die derde voertuig is ook ernstig beskadig. Die 53-jarige bestuurder en twee passasiers, onderskeidelik 18 en 13 jaar oud, is op die toneel dood verklaar,” noem Morake.

Die omstandighede rondom die botsing word steeds ondersoek. Die polisie sal die volgorde van gebeure wat tot die ongeluk gelei het, bepaal.

“Lede van die publiek word versoek om versigtig te bestuur en alle padveiligheidsregulasies na te kom wanneer hulle die N12 gebruik,” maan Morake.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button