SportSport

Gimmies se o15A’s begin met 223-lopie sege

Gimmies se o15A's begin met 'n oortuigende wen teen KHS.

Potchefstroom Gimnasium se o15A krieketspan het die perfekte begin as verdedigende Noordvaalkampioene gemaak toe hul in die eerste wedstryd van die nuwe ligaseisoen vir KHS met 223 lopies geklop het.

Hierdie wedstryd het gistermiddag (Donderdag, 2 Augustus) by KHS plaasgevind.

Gimmies het eerste gekolf en 313/8 in 50 beurte aangeteken.

Casey Lues (84 lopies), Christoff Raubenheimer (76 lopies) en Juvan Botes (61 lopies) was die voorste lopiemakers vir Gimmies.

Gimmies was verwoestend met die bal en boul KHS vir net 90 in 34 beurte uit.

Pieter Scholtz neem 3 paaltjies vir 22 lopies en Juvan Botes 2 paaltjies vir 13 lopies.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button