Gimmie-dansers wys hul talent met goue opvoerings
Die sussies, Nicolene en Wilmarie Minnaar, sowel as Somé Cromhout, het uitstekend presteer by die Allegretto Eisteddfod.
Drie van Potchefstroom Gimnasium se talentvolle dansers het onlangs uitstekend presteer tydens die Allegretto-danskompetisie, met verskeie eerste plekke en sterk uitslae wat hulle tot die nasionale rondes laat deurdring het.
Nicolene Minnaar het tydens die tweede provinsiale ronde twee eerste plekke en ’n tweede plek met haar Open Dance-, Jazz- en Lyrical-solo’s behaal. Haar sussie, Wilmari Minnaar, het op haar beurt A+-simbole vir al haar solo’s ontvang.
Hierdie twee sibbe het ’n uitstekende gemiddeld van 91% met hul duet oor die twee rondtes behaal. Wilmari het verder tydens Talent Africa se provinsiale rondte uitgeblink en High Gold vir haar Contemporary-, Lyrical- en Jazz-solo’s ontvang. Al drie haar solo’s het na die nasionale ronde deurgedring, wat gedurende die Septembervakansie plaasvind.
Somé Cromhout het ook aan die Allegretto IPE deelgeneem en met haar Kontemorere-solo ’n A++-simbool tydens die provinsiale uitdunne behaal. Sy is met hierdie prestasie ook na die nasionale ronde genooi.



